VIDEO – ACSU trek twee vermeende kapers vas op Ermelo

Bester Maree van ACSU het vertel dat hulle die beweerde kapers van Pick 'n Pay in Ermelo agternagesit en tot stilstand gebring het.

ERMELO – ACSU Veiligheidsdienste het oomblikke gelede, op 26 Julie, twee vermeende kapers voor die Game sentrum in De Emigratiestraat by die verkeersligte vasgetrek.

Volgens Oubaas de Jager van ACSU, het hulle inligting ontvang dat die verdagtes beweerdelik twee voertuie in Newcastle gekaap het en onderweg was na Ermelo.

Bester Maree van ACSU het vertel dat hulle die beweerde kapers van Pick ‘n Pay in Ermelo agternagesit en tot stilstand gebring het.

Die kapers is toe uit hulle voertuie gehaal en met kabelbinders vasgemaak terwyl die veiligheidsmaatskappy vir die relevante SAPD-lede gewag het om die inhegtenisname te maak.

@highvelder

Acsu Security Services in Ermelo nabbed two suspected hijackers that are alleged to have hijacked two vehicles in Newcastle. #ACSU #hijack #SAMA28 #crimestories

♬ Legends Are Made – Sam Tinnesz

Volgens De Jager word daar beweer dat ’n moontlike skietery in Newcastle plaasgevind het.

Die Hoëvelder kon egter nog nie hierdie inligting verifieer nie.

Oubaas de Jager by die twee voertuie aan die regterkant wat beweerdelik gekaap is. Foto | Wayne van der Walt

Die Ermelo-polisie is ook tans op die toneel.

Verkeer is hewig vertraag in hierdie straat en word deur lede van ACSU Veiligheidsdienste gereguleer.

Die twee beweerde kapers word met kabelbinders gebind deur ACSU Veiligheidsdienste. Foto | Wayne van der Walt

Motoriste word gemaan om eerder ander roetes te gebruik of hul spoed te verminder en die instruksies van owerhede in die gebied te volg.

Hierdie is ‘n ontwikkelende berig, meer inligting sal volg sodra dit ingesamel word.

Exit mobile version