Local news

VIDEO – Ermelo se paaie en spoedhobbels kom onder skoot

Hy het verder gesê dat Ermeloërs aanpas en probeer om die nou-al-bekende slaggate te vermy, maar besoekers wat nie met die omgewing vertroud is nie sal dalk nie so gelukkig wees nie.

ERMELO – Brian Cogill, ’n inwoner, het soos oudergewoonte verlede Donderdag sy kopie van Hoëvelder by die koerant se kantore kom afhaal en aan die redaksiespan genoem dat dit toenemend moeilik raak om op sy motorfiets koers te hou op die dorp se paaie.

Cogill het veral sy kommer oor die ongelyke gedeeltes in Voortrekker- De Emigrate- en Kerkstraat uitgespreek.

Hy het verder gesê dat Ermeloërs aanpas en probeer om die nou-al-bekende slaggate te vermy, maar besoekers wat nie met die omgewing vertroud is nie sal dalk nie so gelukkig wees nie.

Verder het Cogill sy kommer oor die spoedhobbels by verskeie skole uitgespreek.

“Baie van hierdie hobbels se verf het al verweer en daarom is hulle nie duidelik sigbaar nie.”

@highvelder

Motorists in Ermelo complain about uneven road surfaces, potholes and speed bumps at schools that have become less visible due to worn-off paint. #SAMA28 #ermelo #highveld #msukaligwalocalmunicipality

♬ original sound – Highvelder_News

Cogill waarsku dat spoedhobbels by skole wat nie duidelik aangedui word nie, veiligheidsrisiko’s vir leerlinge kan inhou aangesien die paaie aansienlik besig is wanneer die skole uitkom.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button