Local news

Help Annebel Ermelo om dogters in nood by te staan

Ferns het 'n opregte pleidooi aan die gemeenskap gerig om te help om die dogters se behoeftes te vervul.

ERMELO – Vir die afgelope 13 jaar was Annebel Ermelo ’n baken van hoop en ondersteuning vir meer as 50 minderbevoorregte dogters op die dorp.

Hierdie niewinsgewende organisasie verskaf maandeliks noodsaaklike badkamersakkies aan dogters in nood, wat verseker dat hulle die nodige items het vir hul persoonlike higiëne en welstand.

Die pakkies bevat onder andere sjampoe, deodorant, handeroom en sanitêre produkte.

Annebel Ermelo voorsien in die behoeftes van dogters van Laerskool JJ van der Merwe, Ligbron Akademie vir Tegnologie, en Hoërskool Ermelo.

Die onderskeie skole identifiseer self die dogters.

Aan die stuur van sake staan Saretha Ferns wat onvermoeid werk om hierdie jong dogters te ondersteun.

Ferns het ‘n opregte pleidooi aan die gemeenskap gerig om te help om die dogters se behoeftes te vervul.

Enige bydrae, hetsy deur middel van produkte of finansieel, sal ‘n beduidende verskil in hul lewens maak.

Diegene wat kan help, word aangemoedig om Ferns te skakel by 082 302 5335.

Finansiële bydraes kan ook gemaak word by: Annebel Ermelo, Capitec, spaarrekening, 1667210473.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button