Local news

Ermelo Care Bears deel kos uit vir Mandela-dag

Die niewinsgewende organisasie het sy hart en hand oopgemaak en het verrassingsbesoeke aan verskeie gebiede in Ermelo en Wesselton afgelê.

ERMELO – Die lede van die Ermelo Care Bears het op 12 Julie die inwoners van die munisipale huise agter die Oak-sentrum en dié van die MOTH-behuising met ’n heerlike hoendergereg as deel van Mandela-dag, bederf.

Daar is sowat 115 borde kos uitgedeel.

Die groep het ook ’n besoek by ’n kleuterskool in Wesselton afgelê om kos aan die kinders en onderwysers uit te deel.

Julia Basson, een van die lede van die groep, het die gemeenskap vir hul bydrae bedank.

 

Indien enige persoon by die groep betrokke wil raak, kan hulle een van die volgende lede kontak: Basson by 060 905 7150, Silvija Breytenbach by 082 905 7272, Celesté Brümmer by 064 502 4617, Ansomé Prinsloo by 066 376 6541, Carina Putter by 072 513 9120, Sammy Louw by 072 379 3357 of Chantal Boonstra by 072 460 1654.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button