Local news

Infrastruktuur vodde weens vragmotors op Morgenzon

Duisend vragmotors deurkruis die dorp daagliks.

Dié klein dorpie wat daagliks deur duisende vragmotors deurkruis word, het weer onder die loep gekom ná betonblokke wat strategies geplaas is om vragmotorbestuurders te verhoed om hul voertuie enige plek op die dorp te parkeer, geskuif is.

Corne Nel, ’n ontstoke inwoner, het sy kommer uitgespreek oor die vragmotors.

“Dit blyk die betonblokke is nou deur die vragmotorbestuurders geskuif, en hulle parkeer weer hulle voertuie waar ook al hulle wil, ten spyte van inwoners se klagtes hieroor,” het Nel gesê.

Verskeie plaaslike inwoners het ook hul misnoeë te kenne gegee oor die verskuiwing van die betonblokke.

Sementblokke word gebruik om vragmotors uit die dorp te hou. Foto | Wayne van der Walt

Die steenkool vragmotors ry deur die dorp om steenkool na Majuba Kragstasie te neem en dit is ook die hoofroete vir hulle Durban toe.

Volgens inwoners is daar sommige dae letterlik oor die duisend vragte wat heen en weer deur die dorp gery word.

Dit het tot gevolg dat die paaie, sypaadjies, padskouers en stormwaterpype vernietig word.

Hoëvelder het aan die Lekwa Plaaslike Owerheid se woordvoerder, Lubabalo Majenge, navrae gestuur en wag op sy antwoord.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button