Local news

Oud-Errie laat groot leemte ná skielike dood

Ulrich was 'n rekenmeester en ook 'n direkteur by Böhmer & Kie Ouditeure op eMkhondo.

Ulrich Böhmer (33) se skielike dood op 24 Junie het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Dié oud-Errie is op 28 Januarie 1991 gebore en het sy laerskoolloopbaan by Laerskool Wittenberg in eMkhondo voltooi.

Hy het aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer voor hy vir ‘n jaar BCom- rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit studeer het.

Ulrich en Arina Böhmer. Foto | Verskaf/Arina Böhmer

Hy het sy studies deur Unisa voltooi terwyl hy gewerk het.

Ulrich was ‘n rekenmeester en ook ‘n direkteur by Böhmer & Kie Ouditeure op eMkhondo.

Hy is op 18 Maart 2017 met Arina getroud.

Sy het hom as ‘n godvresende man beskryf en iemand wat altyd bereid was om ander te help.

Ulrich Böhmer. Foto | Verskaf/Arina Böhmer

“Hy het homself altyd laaste gestel en almal se laste eerder as sy eie gedra, sonder om ooit te kla. Hy was ‘n wonderlike man wat altyd hardwerkend was,” het sy gesê.

Arina sal altyd sy sin vir humor en sy spontaneïteit onthou en die speelse manier waarop hy daarvan gehou het om haar te terg.

‘n Roudiens het op 28 Junie vanuit die Fontana-gemeente op eMkhondo plaasgevind.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

 
Back to top button