Local news

Ryke en Du Preez in hof op aanklag van onwettige mynbedrywighede in Carolina

Hulle is borgtog van R5 000 elk toegestaan.

Twee verdagtes, Johnny Conrad Ryke (52) en Jan Adriaan du Preez (64) het op 26 Junie in die Carolina-streekhof verskyn nadat hulle op 25 Junie tydens Operasie Vala Umgodi by Mooifontein in hegtenis geneem is.

Volgens kolonel Donald Mdhluli, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, is die twee vasgetrek vir beweerdelike mynbou-verwante oortredings en is hulle aangekla vir die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur.

Twee verdagtes is tydens Operasie Vala Umgodi by Mooifontein in hegtenis geneem. Foto | Verskaf

Lede van die polisie het inligting ontvang wat gelei het tot ‘n intelligentgedrewe operasie toe daar op verskeie items beslag gelê is, waaronder sewe vragmotors gelaai met steenkool.

Ryke en Du Preez is borgtog van R5 000 elk toegestaan.

Die saak is tot 5 Augustus uitgestel.

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die inhegtenisname van die verdagtes verwelkom.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button