Local news

Ermelo treur oor afsterwe van baba Delano Strydom

Die twee vriende het kort ná sy geboorte begin om geld in te samel om hom na ’n privaat hospitaal te skuif, maar wil nou die fondse aanwend om sy ouers met sy begrafnis te help.

Dit is met hartseer dat Hoëvelder die gemeenskap moet meedeel dat baba Delano Strydom, wat met die geboortedefek gastroskise gebore is, is op 9 Junie in die Rob Ferreira Hospitaal oorlede.

Gastrokrise is toestand waar ’n baba se ingewande (maag, dik- of dunderm) buite die liggaam ontwikkel. Dit vind plaas wanneer ’n baba se buikwand nie heeltemal in die baarmoeder gevorm word nie.

Klein Delano is op 22 Mei kort na 23:00 in Ermelo Provinsiale Hospitaal gebore.

Volgens Maronel van Staden en Mientie Goslin, vriende van die ouerpaar, het sy ma hom eers die volgende dag gesien en is tóé oor sy diagnose ingelig.

Baba Delano Strydom. Foto | Verskaf/Maronel van Staden

Kort ná sy geboorte is Delano na Rob Ferreira oorgeplaas, en het die volgende dag ’n operasie ondergaan waarin sy organe terug in sy lyfie geplaas is. Hy moes ook bloedoortappings ontvang.

Die twee vriende het kort ná sy geboorte begin om geld in te samel om hom na ’n privaat hospitaal te skuif, maar wil nou die fondse aanwend om sy ouers met sy begrafnis te help.

“Die klein mannetjie het so vining in ons harte ingekruip en ons wil graag alles doen wat ons kan om sy ouers in die tyd te ondersteun,” het hulle vertel.

’n Trustrekening om die gesin te help, is by PAS Prokureurs gestig.

Enige bydraes kan in die volgende rekening oorbetaal word:

Pieter Stoffberg Inc Trust
Bank: FNB Ermelo
Rekeningnommer: 62092150326
Takkode: 270344
Verwysing: DJS1/1.

Hoëvelder deel sy medelye met die familie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button