Local newsSchool sport

EHS speel kookwater rugby

EHS se eerstespan het die septer geswaai en is as die Mpumalanga-ligawenners aangewys.

Hoërskool Ermelo het op 8 Junie die Mpumalanga-eindstryd aangebied.

Hoewel die toeskouers gebibber het van die koue was kookwater rugby aan die orde van die dag.

EHS se o. 14-span het in die eindstryd teen Hoërskool Lydenburg te staan gekom. Die wedstryd het met 10 punte elk geëindig, en EHS is as naaswenners van die liga aangewys.

Luthando Mahlangu gee die bal na sy spanmaats. Foto | René Joubert

Die o. 15-span het teen Hoërskool Rob Ferreira kragte gemeet. Met die eerste helfte nie in die Erries se guns nie, het die span in die tweede helfte gewys wat in hul steek en die wedstryd 22-19 beklink.

EHS se o. 16-span het teen Hoërskool Rob Ferreira vir derde en vierde plek gespeel. EHS het die wedstryd 39-14 gewen en die derde plek in die liga ingeneem.

Hoërskool Ermelo se TWK- eerste span het kragte teen Hoërskool Lydenburg gemeet. EHS het die septer geswaai en die eindstryd 31-26 gewen, en is as die Mpumalanga-ligawenners aangewys.

Related Articles

Back to top button