Local news

Tannie Marthie al vyf dekades voor klavier in Volle Evangelie Kerk op Ermelo

Sy het in dié kerk in Nelspruit grootgeword, en het as jong dogter reeds daar begin klavierspeel.

ERMELO – Tannie Marthie van Niekerk (82) speel al vir die afgelope 50 jaar die klavier in die Volle Evangelie Kerk en geniet elke oomblik daarvan.

Sy het in dié kerk in Nelspruit grootgeword, en het as jong dogter reeds daar begin klavierspeel.

In 1963 is sy getroud, waarna hulle na Pretoria verhuis het.

Weens haar man se werk het hulle verskeie kere na ander dorpe verhuis, waar sy ook by die kerke daar agter die klawers ingeskuif het.

Die gesin het in 1967 na Ermelo verhuis en by die kerk aangesluit. “In daardie tyd het die kerk nog nie ’n gebou gehad nie, en het ons in die wolsaal, wat by die ou skouterrein was, kerkgehou.

Dit was nogal ’n gesig om te sien met die kinders wat almal snoesig aangetrek is, omdat die wind in die saal baie koud was, maar ons het gesing en gedans vir die Here,” sê Van Niekerk.

Deur die jare het sy saam met baie ander pastore se vroue in die lofspan gespeel. Sy sê soos hulle na ander gemeentes verplaas is, het sy agtergebly en steeds aanhou speel.

Tannie Marthie van Niekerk by die klavier waarop sy grootgeword het. Foto | René Joubert

Sy sê dat sy op gehoor speel; as sy eers ’n lied gehoor het, is dit nie lank nie, dan speel sy dit op die klavier.

Met geen formele opleiding of klasse het sy vertel haar liefde en aanvoeling vir klavierspeel is van die Here gestuur, en daarom sal sy aanhou om dit tot Sy eer te gebruik.

Die gemeenteleiers was dit eens dat hulle dankbaar vir Van Niekerk se volgehoue ondersteuning by die gemeente is.

“Ons is baie dankbaar vir tannie Marthie, sy is waarlik ’n blessing vir ons,” het Saretha Ferns namens die leiers gesê.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button