Local news

Ongeluk veroorsaak choas in Ermelo-hoofstraat

Die Toyota, wat ’n tenk diesel vervoer het, het gerol en op sy dak te lande gekom.

ERMELO – Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat twee voertuie op 10 Mei in ’n ongeluk betrokke was.

Die ongeluk tussen ’n Isuzu- en Toyota-bakkie het ongeveer om 08:26 by die kruising van Kerk- en Jouberstraat plaasgevind.

Die Toyota, wat ’n tenk diesel vervoer het, het gerol en op sy dak te lande gekom.

Die bestuur van die South African Community Crime Watch het die inwoners gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak nadat die pad tussen die De Jager- en Joubertstraat-kruising, asook Murray- en Joubertstraat, as gevolg van die diesel wat op die pad gemors is, gesluit was.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, die woordvoerder vir die Ermelo-polisie, het nie een van die voertuie se bestuurders enige beserings opgedoen nie, maar ’n passasier van die Toyota-bakkie het wel geringe beserings gehad.

Related Articles

Back to top button