Ermelo Rugbyklub gee Volksrust deftige loesing

Die eerste helfte is aan sy stop-en-gaan-ritme gekenmerk

Die Ermelo Rugbyklub het die afgelope naweek op Laerskool Ermelo se velde teen die manne van Volksrust Rugbyklub te staan gekom en met 29-0 gewen.

Die eerste helfte is aan sy stop-en-gaan-ritme gekenmerk, met verskeie hanteringsfoute en strafskoppe wat deur albei spanne afgestaan is.

Die afbreekpunte was die plek waar die meeste strafskoppe vir die vashou van die bal op die grond afgestaan is.

Billie van der Walt duik oor die doellyn. Foto | Wayne van der Walt

Dit is een van die gebiede waar Volksrust in die eerste helfte Ermelo se momentum effens kon stuit, omdat Ermelo se voorry te stadig was om by geïsoleerde spelers uit te kom.

Teen skrumtyd was dit duidelik dat Ermelo die oorhand gehad het, met verskeie vaskoppe wat bewerkstellig is en strafskoppe wat in hul guns geblaas is.

Dit het ook die grondslag gelê vir die agterlyn om aan die gang gesit te word.

’n Ondersteuner met genoeg verversings vir die wedstryd. Foto | Wayne van der Walt

Met bal in die hand was Ermelo gevaarlik en moes Volksrust bontstaan.

Lees die volledige wedstrydverslag in vandeesweek se Hoëvelder.

Exit mobile version