Local news

Ermeloërs seëvier by gholfope

’n Totaal van 52 spelers het aan die kampioenskap deelgeneem.

Gert van der Merwe het Saterdag die Ermelo Gholfklub se jaarlikse opekampioenskap gewen deur ‘n 141-gros aan te teken.

Collin Odendaal was tweede met 143.

Vusi Zungu van Bethal Gholfklub was derde met ‘n 144-uittel en Eddie Daniel van Ermelo vierde met 144.

Gary Daniel was vyfde met 147. Altesaam 52 spelers het aan die kampioenskap deelgeneem.

Die prys vir die beste oggendgros is deur Janneman Combrink met sy 71 gewen, en Gary Daniel het die prys vir die beste middaggros met 69 houe gewen.

Niel Clifford en Collin Odendaal.
Estiaan Horn en Niel Clifford.
Niel Clifford en Eddie Daniel. Foto | Verskaf/Ermelo Gholfklub
Niel Clifford en Gary Daniel. Foto | Verskaf/Ermelo Gholfklub

Related Articles

Back to top button