Smitsfield vier Geloftedag op gepaste wyse

Die dag word jaarliks gevier, in herinnering van die belofte wat gemaak is.

Geloftefees is verlede jaar in styl by Smitsfield, sowat 25 km uit die dorp op die Lothair-pad, gevier.

Sowat 350 mense het die verrigtinge op Vrydagmiddag 15 Desember bygewoon.

Daar was ’n kort openingboodskap en ’n biduur daarna.

Daarna het die kinders gediggies voorgedra. Dr. Frans Boshoff het die aand met “Kyk na die sterre” afgesluit.

Na die tyd kon die feesgangers gesellig saam om ’n spitbraai kuier.

Saterdag om 10:00 het die Geloftediens plaasgevind. Boshoff het ’n insiggewende boodskap gelewer.

Die gewilde Cordelia het ook as spreker die feesgangers met ’n pragtige boodskap bedien van hoe die lewe jou eintlik vir sekere situasies voorberei.

Daarna het sy die diens met sang afgesluit.

Daar is kollekte vir die Annebel-projek en Laerskool JJ van der Merwe se koskas opgeneem.

Ná die diens is daar tee en verversings bedien, en almal het ’n smullekker middagete daarna saam geniet.

Exit mobile version