GRAFIESE FOTO’S + VIDEO: Jong man van Ermelo erg beseer tydens motorfietsongeluk
Hulle sê hulle volg al die nodige stappe om dit eerbaar en wetsgehoorsaam in te samel.
ERMELO – Johan van der Westhuizen (21) was onlangs voor sy huis in ‘n motorfietsongeluk betrokke.
Volgens hom was hy en ‘n werker in die erf besig, toe dié hom gevra het of hy ‘n motorfiets kan bestuur.

“Ek sê toe ja. Ek klim op my motorfiets en wheelie die pad af,” sê hy.
Die oomblik toe hy die motorfiets se voorwiel op die pad neersit, besef hy dat hy te vinnig om die draai gekom het.

Hy skrik en trek beide die voorste en agterste remme; die motorfiets gly oombliklik onder hom uit en trek hom oor die pad.
Sy suster, Bernadette Hill, het dadelik om hulp gebel, en Van der Westhuizen is na Mediclinic Ermelo se ongevalle-eenheid toe geneem.
Hy het nie ‘n mediese fonds nie en het vir sy pa vir finansiële hulp gevra om die dokter by noodgevalle en die X-strale te betaal.
Die dokter het gesê dat hy dadelik opgeneem moet word, maar hulle kon nie die R35 000 deposito bekostig nie.

Van der Westhuizen is daardie selfde dag na die Ermelo Hospitaal oorgeplaas.
“My gewrig is op twee plekke gekraak en is in gips. My knie het ook ‘n groot gat ingehad, so dit moes steke kry,” sê hy.
Hulle pleit by die gemeenskap vir enige skenkings om vir sy mediese behandelings te betaal.

Hulle sê hulle volg al die nodige stappe om dit eerbaar en wetsgehoorsaam in te samel.
Enige bedrag, maak nie saak hoe klein of groot nie, word waardeer: Pieter Stoffberg Ing. Trust, FNB Ermelo, takkode 270344, rekeningnommer 62092150326, verwysing: VAN1116/1.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



