Vragmotorongeluk in Ermelo los nooddienste verstom

Die oorsaak en gebeure rondom die ongeluk is nog onduidelik.

’n Motorongeluk tussen twee vragmotors het vroeg in die oggendure van Woensdag, 13 Desember plaasgevind by die Kerk en Fouriestraat kruising.

Die kajuit van die betrokke vragmotor, het etlike meters weg van die res van die vragmotor gelê.

Die bestuurder van die vragmotor is uit die kajuit gehelp, en is deur ER24 na Ermelo hospitaal vervoer.

Die kajuit van die vragmotor lê meters weg van die res van die vragmotor. Foto | Carissa Ferreira

Daar was later bevestig deur ’n bron, dat die bestuurder matige beserings asook ’n gebreekte femur opgedoen het.

Plaaslike insleepdienste, Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste, verkeersbeamptes, Star of Life, plaaslike polisie asook ER24 was op die toneel.

Exit mobile version