Local news

Hoëveld Jeugkoor kondig nuwe hoofleiers en bestuur aan

Die koor het ook hulle jaarlikse prysuitdeling by Hoërskool Piet Retief gehou en die nuwe bestuur en hoofleiers van 2024 aangekondig.

EMKHONDO – Die Hoëveld Jeugkoor het die dorp onlangs besoek en by verskeie plekke opgetree, insluitende Huis Immergroen, Wimpy en NG Kerk Piet Retief.

Die leiers van 2024 is soos volg:
• Onderhoofdogter: Mieke van der Linde
• Hoofdogter: Jasmyn Archer
• Hoofseun: Nkosinathi Mathenjwa
• Addisionele leier: Tumelo Cele
• Onderhoofseun: Jacques Esksteen.

Jasmyn en Tumelo is by Ligbron as die hoofleiers van kultuur vir 2024 gekies, en Mathenjwa by Hoërskool Piet Retief.

Namens die bestuur wil hulle vanjaar se matrieks bedank en voorspoed vir volgende jaar toewens.

Die volende matrieks verlaat die koor in eer:
• Zanika Minnaar
• Isabella Moussier
• Janneke de Villiers (hoofdogter)
• Marli Grobler
• Marnel Wessels (onderhoofdogter 2023)
• Arno Roux
• Francois Krige
• Altus Boshoff (hoofseun 2023).

Related Articles

Back to top button