Local news

EHS-klas van 1960 hou reünie

Meeste van hulle woon in Tswhane en daarom is besluit dat hul die reünie ook daar sal hou.

TSHWANE – Vanaf 1965 is daar ’n tradisie van reünies, en vanjaar was geen uitsondering vir die oudleerlinge van Hoërskool Ermelo se 1960-klas nie.

Ten spyte van die afstand en die veranderinge in hul lewens, het meeste van die leerlinge hul paaie na mekaar teruggevind om hierdie spesiale dag te vier.

Volgens een van hulle, Oretia Ferreira, woon die meeste van hulle deesdae in Pretoria, en daarom is daar besluit om die reünie by van een van hul alma maters buite Pretoria-Oos, Felix Robinson, aan te bied.

“Dit was ’n pragtige plek om die byeenkoms te vier, en dit het ’n atmosfeer van nostalgie en dankbaarheid geskep,” het sy gesê.

Wat hierdie reünie so uniek maak is dat al die lede wat dit bygewoon het, reeds die indrukwekkende ouderdom van 81 jaar bereik het.

Dit het egter nie hul gees of entoesiasme gedemp nie.

Ferreira, ’n trotse leerling, het ’n boodskap van dankbaarheid en waardering aan almal wat by die reëlings betrokke was, gerig.

Sy het nie net haar klasmaats bedank nie, maar ook God vir die genade om in dié spesiale geleentheid te kon deel.

Hierdie reünie was nie net ’n viering van hul matriekjaar nie, maar van lewenslange vriendskappe en dankbaarheid vir elke oomblik van hul ryk lewensgeskiedenis.

Related Articles

Back to top button