Trapsoetjie Kleinskool staan bankvas agter die Bokke

Die gunstelingspelers was iets waaroor nie al die kinders kon besluit nie, en die algemene antwoord was 'sommer al die Bokke'.

ERMELO – Die leerders van Trapsoetjie Kleinskool was verlede Vrydag baie gretig om hul ondersteuning vir die Bokke in die halfeindronde van die Rugbywêreldbeker te wys.

Al die kleuters was dit eens dat die Bokke die wedstryd in die sak het en in die eindstryd sou wees. Die gevoel was dat dit ‘n klipharde wedstryd sou wees.

Die gunstelingspelers was iets waaroor nie al die kinders kon besluit nie, en die algemene antwoord was ‘sommer al die Bokke’.

Hulle het selfs hul eie haka waarmee hulle graag gespog het.

Maak seker om die Hoëvelder se TikTok-blad te besoek om die video van die kinders te sien.

 

Exit mobile version