Local news

Ermelo Fotoklub fokus op leer en leerwerke

Daar wrod maandeliks op ’n vasgestelde tema besluit, maar daar is ook ope-afdelings waar fotograwe hul vernuf kan wys.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub het op 6 Oktober sy maandelikse klubaand geniet, waartydens die lede se foto’s beoordeel en daar heerlik saam gekuier is.

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was leer en leerwerke.

George Labuschagne se foto ‘Werkende leer’ het die juniorafdeling gewen, en Christa Strauss se ‘All leather’ die seniorafdeling.

Dié klub se bestuur het alle belangstellende fotograwe aangemoedig om by hulle aan te sluit.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na ermelofotoklub18@gmail.com.

Lees die volledige berig in Hoëvelder vir al die uitslae.

Related Articles

Back to top button