Inwoners in Robbertsonstraat warm onder die kraag oor beweerde bordele

Inwoners is van mening dat daar niks omtrent die saak gedoen word nie.

ERMELO – Rusverstoring en die toename in bordele en beweerde dwelmshuise in Robbertsonstraat, het die inwoners in die omgewing hewig ontstel.

Een van hulle het onlangs die Hoëvelder-kantoor besoek en vertel van ‘n voorval waartydens vyf mans drie jongmense met pangas en sambokke gejaag het.

Die inwoner, wat verkies om anoniem te bly, het bygevoeg dat die jongmense uit een van die beweerde bordeelhuise gehardloop het en dat hulle ook met bakstene gegooi is.

“Ons inwoners het na die hele storie verby is, klippe en bakstene in ons erwe opgetel en weggegooi,” het sy gesê.

Die inwoners voel dat daar omtrent niks aan die situasie gedoen word nie, en sê dit wil vir hulle voorkom asof daar ‘n blinde oog vir dié huise en hul doen en late gegooi word.

LEES OOK: Ermeloërs boos en bloos oor prostitute

Die voorval volg kort nadat ‘n ander inwoner Hoëvelder meegedeel het hoe hulle gesien het hoe ‘n jong man deur sowat 10 ander mense by een van die huise se hek uitgegooi word.

Sy mond was na bewering met kleefband toegeplak, en die mense het hom met sambokke geslaan en geskop totdat hy op die grond geval het.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Exit mobile version