Local news

Honde vergiftig en motorfiets gesteel tydens Ermelo-huisinbraak

Die huibewoners was nie tydens die inbraak tuis nie.

ERMELO – ‘n Boodskap is op die veiligheids-WhatsApp-groep SACCW gestuur dat daar Sondagoggend 22 Oktober vroeg ‘n inbraak in President CR Swartstraat was.

Die inwoners was nie tuis nie, en daar is ook skade aan hul motorhek en motorhuis aangerig. Hulle honde is ook vergiftig.

‘n Motorfiets is gesteel, en die eienaars en Theo Craven, admin van die SACCW WhatsApp-groep, versoek die gemeenskap om op die uitkyk vir die motorfiets te wees.

Die polisie moet dadelik by 082 462 3845 gekontak word as die motorfiets iewers gewaar word.

Motorfiets se besonderhede:

  • Vervaardiger: Suzuki
  • Kleur: Swart en rooi
  • Model: GSXR 1000
  • VIN-nommer: JS1CL111100113013
  • Registrasienommer: KSW 958 MP.

Related Articles

Back to top button