Local news

Liggie-netbalspan derde in Fast 5-kampioenskappe

Dit het hulle die geleentheid gebied om as nuwe span gees te bou, en hul deelname teen groot skole soos Pearson was ’n leerkurwe.

Die Ligbron Sparks het tydens die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Skolenetbal se Fast 5-kampioenskappe by Hoërskool Florida in Johannesburg deelgeneem.

Die span het in die o. 18-ouderdomsgroep deelgeneem. Daar was vier poele. Ligbron het in poel B teen Lichtenburg (21-20), die Transvalia Tornadoes (22-23), Capricorn (9-14), Noord-Kaap (22-20) en Pearson (14-20) kragte gemeet.

Hulle eindig derde in hul poel. Volgens Rosaan Kapp, een van die afrigters, was dit vir die dogters ’n opbouende ervaring.

“Ons is baie trots op die meisies wat van die begin van die kampioenskappe af elke wedstryd met uitsonderlike deursettingsvermoë en veggees aangepak het,” sê sy.

Related Articles

Back to top button