Local news

Gewapene rowers buit ongeveer R6-miljoen se koperkabels in Ermelo

Die wagte is deur die verdagtes vasgemaak. Hulle selfone en ses dromme vol koperkabels is gesteel.

ERMELO – Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof op 6 Oktober by die Transnet Depot.

Volgens kapt Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, het vier wagte en hul toesighouer verdagte geluide buite die waghuis gehoor en gaan ondersoek instel.

“Tydens die wagte se ondersoek is hulle deur ’n groot groep mans gekonfronteer, wat hulle met ’n vuurwapen gedreig en aangerand het,” het Prinsloo gesê.

Die wagte is deur die verdagtes vasgemaak. Hulle selfone en ses dromme vol koperkabels is gesteel.

Volgens Prinsloo is die waarde van die gesteelde goedere sowat R6 000 000.

Nog niemand is in verband met die roof in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button