Local news

Twee wagte vasgebind tydens gewapende roof naby Ermelo

Die verdagtes het na bewering ’n vuurwapen op die wagte gerig en hul amptelike vuurwapens by hulle afgeneem voor hulle vasgebind is.

ERMELO – Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof wat op 8 Oktober by die Ndalamo-myn op die Piet Retief-pad plaasgevind het.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, die polisiewoordvoerder, is die wagte op die perseel omstreeks 00:30 deur twee mans gekonfronteer.

Die verdagtes het ’n vuurwapen op die wagte gerig en hul amptelike vuurwapens by hulle afgeneem voor hulle vasgebind is.

“Die mans het diesel ter waarde van R84 000 gesteel,” het Prinsloo gesê.

Kort nadat die verdagtes van die toneel gevlug het, het een van die wagte daarin geslaag om los te kom en hulp te ontbied.

Die verdagtes is steeds op soek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button