Local news

Errie-gholfspeler vaar uitstekend by SA toernooi

Bea het al vier haar “matchplay”-wedstryde en drie van haar vier “foursome”-wedstryde gewen.

Bea Breedt, ’n gr.-11 leerder van Hoërskool Ermelo, het vanaf 1 tot 6 Oktober Mpumalanga se seniorgholfspan by die Suid-Afrikaanse Interprovinsiale Gholftoernooi by die Umhlali Buiteklub naby Balito verteenwoordig.

Bea het as die enigste hoërskoolspeler uitgeblink en is vir die Mpumalanga-span gekies.

Sy het nie net met haar uitsonderlike prestasie beïndruk nie, maar spog ook met ’n uitstaande rekord.

Bea Breedt in aksie. Foto | GholfRSA

Bea het al vier haar “matchplay”-wedstryde en drie van haar vier “foursome”-wedstryde gewen.

Haar ongelooflike pogings en vasberadenheid was ’n sleutelfaktor om haar ’n tweede plek vir haar span in die B-afdeling van die toernooi te verseker.

Related Articles

Back to top button