Local news

Ermelo se Springbokkoors loop hoog

'Bok-Vrydae' het 'n groeiende tradisie op die dorp geword, en die geesdrif vir rugby en nasionale trots oorheers. 

‘n Golf van groen en goud oorval die dorp elke Vrydag, en dit is nie net toeval nie.

Hierdie gemeenskap, van inwoners tot sakeondernemings se personeel, trek hulle Springbok-truie aan ter ondersteuning van die Bokke-span terwyl hulle oorsee aan die wêreldbeker deelneem.

Hoewel die Springbokke die afgelope naelbytende wedstryd teen Ierland verloor het, vertoon die dorpenaars steeds hulle ondersteuning en Bokkoors teenoor hulle geliefde span.

SIEN OOK HIER: Ermelo Bokkoors in fotos.

Hoëvelder nooi graag die gemeenskap uit om hulle foto’s elke Vrydag deur te stuur, tesame met hul voorspellings en waarna hulle ná die komende wedstryd uitsien.

Whatsapp Carissa Ferreira by 082 214 3191 of stuur ‘n e-pos aan news1@highvelder.co.za.

Related Articles

Back to top button