Local news

Veldbrand deur sterk winde aangehits

Geen beserings is tydens die veldbrand gerapporteer nie, maar weivelde en heinings is wel beskadig.

ERMELO – ’n Veldbrand het op 24 September die inwoners op die kleinhoewe buite die dorp vir sowat drie uur besig gehou.

Die veldbrand is deur sterk winde versprei en die lang gras en digte bosse het dit moeilik gemaak om dit onder beheer te bring.

Geen beserings is tydens die veldbrand gerapporteer nie, maar weivelde en heinings is wel beskadig.

’n Groep inwoners van die omgewing het ingespring om die vuur te blus nadat hulle ingelig is dat Working on Fire se werksure slegs tot 16:30 is en dat die plaaslike brandweer se voertuig buite werking was.

Die brandweer is sowat twee uur later na die toneel ontbied en het gehelp om die vuur te blus.

Hoëvelder het navrae aan Mandla Zwane, woordvoerder van die plaaslike owerheid, gestuur oor die voertuig wat buite werking is, en wag op sy terugvoering.

Related Articles

Back to top button