Local news

Ermelo Rolbalklub tesame met kerk hou Lentedag in styl

Deur die loop van die dag het drie klipharde wedstryde plaasgevind wat die talent en toewyding van die deelnemers ten toon gestel het.

Ermelo Rolbalklub en die Nederduitsch Hervormde Kerk het hande gevat om ‘n Lentedag-geleentheid op 9 September aan te bied.

Met sterk mededinging van verskeie spanne was die wedstryde tussen die spelers ‘n vertoning van vaardighede en sportmanskap.

In die finale ronde het die Strikers-span as oorwinnaars uit die stryd getree.

Kort op hul hakke was die Sonskyn Susters met die Bugs in die derde posisie.

Die wenners: Divan Sonnekus, Wenzel Sonnekus, Vincent Sonnekus, Wenzel Sonnekus en ds. Schalk Zastron. Foto | Verskaf

Merk jou kalender vir die volgende toernooi by die Ermelo Rolbalklub.

Die EG Kerk Rolbaltoernooi is vir 28 Oktober geskeduleer.

Moenie die geleentheid misloop om deel van hierdie kompetisie te wees nie.

Om in te skryf, kontak Riaan Harris by 079 504 7362 of Michael Maherry by 064 582 2672.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button