Winkelbestuurder van Ermelo bedien klante met liefde

As winkelbestuurder voel Marencia dit is haar plig om mense te bedien met die vrug van die gees.

Marencia van Dyk, die winkelbestuurder van Ons Winkel, laat ‘n indruk op die gemeenskap met haar ongekende liefde vir ander.

Oorspronklik van Kuilsrivier in die Kaap, het sy in 2021 saam met haar man, Kobus, Ermelo as hul nuwe tuiste gekies.

Agter die skerms van haar besige lewe, skitter sy as ‘n flukse ouma wat oggend na oggend op haar fiets gimnasium toe ry, tuinmaak, en tans haar tweede jaar van Bybelskool aan die Family Life Church voltooi.

Haar liefde vir die mense is die dryfkrag agter haar passie vir kosmaak en onthaal, iets wat sy saam met haar man deel.

Marencia van Dyk en haar winkelasistent Winnie Maseko.

Haar lewe lank al het Marencia ‘n diepe liefde vir mense gehad, en dié geneigdheid is duidelik wederkerig.

Haar werk by Ons Winkel het dit moontlik gemaak om individue te bedien en in hul moeilike tydperke te ondersteun.

Elke klant wat die tweedehandse winkel betree, word deur Marencia onthou, en dit is nie net vir die winskopies nie, maar die persoonlike aandag wat mense keer op keer laat terugkom.

“Mense is my passie,” sê sy.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Exit mobile version