Local news

Ligbron matrieks en hul span maak Tienertoneel-geskiedenis

Die matrikulante moes kop hou met al die leerders se skedules, maar dit het hulle nie terug gehou nie.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 16 Augustus met trots aan die ATKV se Tienertoneelkompetisie hier deelgeneem.

Die aangrypende toneelstuk, getiteld Kersfees in die township, geskryf deur Renske van Niekerk, het die gehoor betower.

Die sukses van hierdie produksie is te danke aan die toewyding en harde werk van die span agter die skerms.

Die Liggie ATKV Tienertoneel-groep. Foto | Arno Vorster

Die toneelstuk, wat die eindproduk is van maande se intensiewe voorbereiding, is afgerig deur twee talentvolle gr. 12-leerders, Janneke de Villiers, die hoofdogter van kultuur, en Arno Vorster.

Die klank en beligting, ‘n integrale deel van die uitvoering, is kundig deur SP van Aswegen en Jacques Eksteen behartig.

Die ervaring het nie net bygedra tot die individuele prestasies nie, maar ook tot die persoonlike groei van die deelnemers.

Janneke en Arno het aangedui dat dit ‘n uitdaging was om ‘n groep van 13 leerders se skedules te koördineer, wat soms laat in die aande en selfs naweke se oefening vereis het.

Beide sê dat hierdie geleentheid vir hulle persoonlik belangrik was, aangesien dit hulle laaste jaar op skool is.

“Ons wou al vir meer as twee jaar ons eie tienertoneel afgerig het en vir die kinders die geleentheid bied om deel van ‘n produksie te wees wat by ‘n teater optree,” sê Arno. “Dit was vir my en Janneke belangrik om goed te vorder met dit, omdat dit ons laaste skoolaktiwiteit is.”

Janneke sluit met opgewondenheid oor die toekoms van Tienertoneel-spel af: “Ek sien uit om te sien hoe meer hoërskoolleerders self hulle eie produksies op die planke bring. Jy leer soveel van jouself en bou ondervinding op.”

Related Articles

Back to top button