Local news

Ermeloër bereik 100ste parkunmylpaal

Harry Jennings is ’n bekende gesig by die Kralinbergh Parkrun, hy sien sy 100ste mylpal as die eerste tree na sy 200 parkrun-doelwit.

’n Plaaslike parkundeelnemer, Harry Jennings, het op 11 Augustus ’n persoonlike mylpaal behaal deur sy 100ste wedren af te lê.

Jennings het in 2019 begin deelneem, en sedertdien het hy 94 sessies by Kralinbergh kafgedraf.

Dit het egter nie net daar gebly nie. Hy het ook aan Umhlanga, Newcastle en selfs Standerton se parkruns deelgeneem, wat sy toewyding aan gesondheid en uitdagings beklemtoon.

Jennings het dit sy doelwit gemaak om 200 parkruns te voltooi, en hy beskou sy onlangse prestasie van 100 as ’n groot belegging daarin.

Met ’n persoonlike beste tyd van 37:53 het hy bewys dat hy nie net die afstand kán aanpak nie, maar ook ’n indrukwekkende tempo kan handhaaf. Hy sê dat hy die uitdagings en die ander deelnemers geniet.

Vir hom is dit nie net ’n kompetisie nie, maar ook ’n manier om fiks en gesond te bly.

Related Articles

Back to top button