Local news

Ermeloër opgewonde om Ope-meestersatletiekbyeenkoms by te woon, maar benodig hulp

Eugene van der Westhuizen ’n pensionaris, wil graag deelneem in die diskus en gewigstoot maar sy SASSA-toelaag kan dit nie befonds nie.

Eugene van der Westhuizen (63), ‘n inwoner van Ermelo, is ‘n meestersatleet met ‘n lang rekord van prestasies.

Hy het aan verskeie SA en provinsiale kampioenskappe deelgeneem en het ‘n indrukwekkende versameling van 54 medaljes, waarvan ‘n groot gedeelte goud en silwer is.

Die 14de Afrika Ope-meestersatletiekbyeenkoms sal vanaf 16 tot 18 November by Pilditch in Pretoria plaasvind.

Van der Westhuizen behoort vanjaar aan die diskus- en gewigstootafdelings deel te neem.

Eugene van der Westhuizen noem aan die Hoëvelder dat hy nie veel het om te bied nie, hy kan net sy beste gee.

Dit is sy grootste droom en doelwit, en hy oefen gereeld. Maar soos baie sportsoorte is hierdie geleentheid redelik duur.

Vir hom, ‘n Sassa-pensioenaris met ‘n maandelikse inkomste van R2 000, beloop die koste ongeveer R7 700, en is dit nie vir hom haalbaar nie.

Die totale koste sluit die volgende in:

  • Inskrywingsgeld van R1 385
  • SAMA-klere van R3 000
  • Reiskoste van R700
  • Akkommodasie van R2 600 in, sonder etes.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is op 31 Oktober, en daar word dringend vir ondersteuning gevra om hierdie droom ‘n werklikheid te maak.

Van der Westhuizen het na die Hoëvelder uitgereik. Hy doen ‘n beroep op die gemeenskap om ‘n hand uit te reik en by te dra tot die dekking van hierdie kostes en sal enige bedrag waardeer.

“Al wat ek in ruil kan bied, is my toewyding om my beste te gee en elke byeenkoms met volle energie aan te pak,” sê hy.

Die bankbesonderhede: Old Mutual, takkode 462005, rekeningnommer 27059791301.

Skakel Van der Westhuizen by 079 402 1969 of stuur ‘n e-pos na eugene0303.evdw@gmail.com.

Related Articles

Back to top button