Local news

Man dood ná hy glo van fiets afgery is in Ermelo

Die polisie is besig om 'n saak van strafbare manslag te ondersoek, en probeer vasstel wat presies gebeur het. In hierdie stadium kon die polisie nog nie inligting oor die betrokke voertuig of die bestuurder daarvan deurgee nie.

’n Man is na bewering naby die Cassim Park-kruising net buite die dorp op die Morgenzon-pad van sy fiets afgery.

Die voorval het vroegoggend op 12 Julie plaasgevind. Die man is met kritieke beserings deur die nooddienste na die Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Daar heers nog onduidelikheid oor die omstandighede rondom die voorval.

Een van die fietswiele ‘n hele ent van waar die man te lande gekom het. Foto | Carissa Ferreira

Die insleepdienste was vinnig op die toneel. ‘n Ooggetuie wat daar verbygery en die gebeure onder Hoëvelder se aandag gebring het, het opgemerk hoe die man langs die pad tussen ‘n voertuig en die insleepvoertuig gelê het, nog voor die nooddienste ontbied is.

Die man se fiets is weens die botsing afgeskryf.

Die polisie is besig om ‘n saak van strafbare manslag te ondersoek, en probeer vasstel wat presies gebeur het. In hierdie stadium kon die polisie nog nie inligting oor die betrokke voertuig of die bestuurder daarvan deurgee nie.

Die man se fiets het in die botsing in die slag gebly. Foto | Carissa Ferreira

Hoewel die Hoëvelder bewus is van die oorledene se naam en van, is sy identiteit nog nie by navraag aan Hoëvelder bekendgemaak nie.

Die polisie-woordvoerder, kapt. Carla Prinsloo, sê sy wag op amptelike bevestiging dat die naasbestaandes wel van sy dood in kennis gestel is.

Enigiemand met enige inligting wat tot die opklaring van die saak kan lei, word gevra om die plaaslike polisie te kontak.

Related Articles

Back to top button