Local news

Krü-bus se gesin van Ermelo gereed om groot avonture aan te pak

Die bus is nou gereed vir inwoners, en huisves die Krügers en hul twee troeteldiere.

Die Krüger-gesin se bus se binnekant is uiteindelik klaar!

Hoëvelder het onlang berig oor die gesin van ses wat hul normale leefstyl prysgegee het om ’n bus in ’n mobiele huis te omskep, en beplan om deur die hele land te toer.

Die gesin het in Mei na die Mooifontein-plaas buite Ermelo getrek om verder aan die bus te werk voor hulle met ‘n groot avontuur begin.

Die versiering en dekor binne beeld presies hoe die Krügers dink, leef en reis.

Die kombuis. Foto | Maryke ClaassenDie bus se inhoud is bont en kleurvol, maar tog gestruktureerd, en die styl vloei vanaf die kinders se slaapkamer tot in die leefarea.

Surita Krüger hou almal op hoogte op hul Facebook-blad, The Krü bus adventure, deur kort-kort plasings van foto’s en video’s te maak.

Hulle het onlangs vir ‘n kompetisie in die Tuis-tydskrif ingeskryf om ‘n kans te staan om R25 000 kontant te wen.

Die kombuis en sitkamer. Die sitkamerbank is ook Henk en Surita se bed. Foto | Maryke Claassen

Die kompetisie sluit op 15 Julie.

LEES OOK: Krü-Bus: Ermeloërs se storie van geloof

SIEN OOK: GALERY: Ermelo-gesin omskep bus in huis

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button