Local news

Agt Annebel-dogters benodig hulp om matriekafskeiddrome te bewaarheid

Ferns het by ’n vorige geleentheid aan Hoëvelder gesê dat Annebel nie net oor die produkte waarmee hulle die dogters help gaan nie, maar ook om vir hulle hoop te gee.

ERMELO – Saretha Ferns, die plaaslike takbestuurder en stigter van die Annebel-projek, moedig inwoners aan om hierdie inisiatief te ondersteun.

Annebel voorsien maandeliks noodsaaklike toiletware aan minderbevoorregte dogters, en volgens Ferns kry hulle maandeliks meer meisies by.

Die pakkies bevat onder andere sjampoe, deodorant, handeroom en sanitêre produkte.

Ferns het by ’n vorige geleentheid aan Hoëvelder gesê dat Annebel nie net oor die produkte waarmee hulle die dogters help gaan nie, maar ook om vir hulle hoop te gee.

“Dié projek is beslis nie ’n eenvroudroom nie, maar word deur die hele gemeenskap onderhou,” het sy gesê.

Jy kan betrokke raak deur óf ’n Annebel-ma te word, óf deur middel van ’n skenking in hierdie bankrekening: Annebel Ermelo, Capitec, spaarrekening, 1667210473.

In September samel die groep ’n groter pakkie met benodigdhede in wat die dogters dan vir November, Desember en Januarie kan gebruik.

Daar is ook tans agt dogters in matriek wat hulp vir hul matriekafskeid benodig; haarafsprake, naels, grimering, kleredrag, ensovoorts.

Skakel Ferns by 082 302 5335 indien jy hierdie dogters kan help.

Related Articles

Back to top button