Local news

Geliefde inwoner van Amersfoort skielik oorlede

Hy is op 1 Desember 1944 op Amersfoort gebore en was vir 78 jaar deel van die gemeenskap daar, asook Ermelo en Volksrust s’n.

AMERSFOORT – Johan Potgieter is skielik op 22 Junie as gevolg van ’n bloedklont in sy long oorlede.

Potgieter was liefdevol, bedagsaam en geduldig, en het ’n onwrikbare deursettingsvermoë gehad. Hy was ’n ware kind van God.

Hy is op 1 Desember 1944 op Amersfoort gebore en was vir 78 jaar deel van die gemeenskap daar, asook Ermelo en Volksrust s’n.

Hy het by Laerskool Amersfoort skoolgegaan en sy hoërskooljare op Ermelo voortgesit.

Ná skool is Potgieter as die oudste seun na die plaas Knelpoort toe om sy moeder met die boerdery by te staan.

Potgieter is op 10 Januarie 1970 met Antoinette Louw getroud. Saam het die twee ses kinders grootgemaak, en is hulle later met 13 kleinkinders geseën.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button