Local news

Poppie die pou pronk in Ermelo

Niemand weet waar Poppie die pou vandaan kom nie.

Lolla Victor, ‘n plaaslike haarkapster, het een vreemde troeteldier ryker geword.

Victor het twee en ’n halwe jaar gelede haar voordeur oopgemaak om ’n wyfiepou op haar erf te vind.

Poppie die pou is vandag ’n ou bekende by Victor se salon. Die kliënte is haar goedgesind en vra kort-kort hoe dit met haar gaan.

“Die pou is lekker bederf!” sê Victor.

Lolla Victor breek ’n gesondheidsbeskuitjie in stukkies op vir Poppie om op te pik.

Poppie sal by die hek staan en skree tot Victor vir haar kom oopmaak om in te kom.

Die pou werk tog volgens ’n streng roetine. Vroegoggend sal Poppie by die Victor-gesin aankom en Trompie, die troetelhond, se oorskietkos van die vorige aand eet.

Sy sal dan geduldig vir Victor wag vir haar eie ontbyt, wat uit brokkoli, mielies en sonneblomsaad bestaan.

Ná ontbyt sal Poppie die eerste groep kliënte namens Victor ontvang en in die tuin gaan lê vir ’n kort ruspouse.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button