Voertuie bots in Fourie Straat

Daar was swaar verkeer by die kruising weens die botsing en verkeersligte wat af was.

ERMELO – Drie voertuie was op 26 April in ‘n botsing naby die Fourie-en Kerkstraatkruising.

Die Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste, ETS insleepdienste en plaaslike polisie was op die toneel.

Vragmotor bots tussen twee karre

Daar was sprake op die toneel dat die vragmotor se remme onklaar geraak het, Hoëvelder kon dit egter nie bevestig nie.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Exit mobile version