Local news

Ermelo-spelterapeut plaas die soeklig op outisme

Volgens Marié Otto is outisme een van die moeilikste diagnoses om te maak, en word dit nie sommer net deur 'n paar regmerkies op 'n kriterialys gedoen nie.

ERMELO – April is Wêreld Outismemaand, en nadat Hoëvelder op 20 April oor Jason Malherbe, wat ook op die spektrum is, berig het, het die koerant by ‘n plaaslike spelterapeut oor outisme gaan aanklop.

Volgens Marié Otto is outisme een van die moeilikste diagnoses om te maak, en word dit nie sommer net deur ‘n paar regmerkies op ‘n kriterialys gedoen nie.

Sy skryf dit toe aan die oorvleuende simptome wat aan outisme gekoppel word.

Dit is nie ‘n eenmalige besoek aan ‘n dokter of pediater nie, en verg soms ‘n proses van waarnemings, familiegeskiedenis en verskeie toetse om ‘n kind te diagnoseer.

“Nie een outismegeval is dieselfde nie, en daar is verskeie vlakke van die spektrum,” het Otto gesê.

Die vlakke strek van hoogs funksionerende tot ander individue wat baie ondersteuning benodig en meer enstige simptome ervaar.

Baie van die simptome is reeds voor die ouderdom van twee jaar oud sigbaar, maar by hoog funksionerende outismekinders word dit soms eers later herken.

Selfs by ‘n baba is daar al tekens wanneer die kind nie ‘n emosionele band met ‘n ouer vorm nie, en nie reageer op ‘n ouer se gesigsuitdrukkings nie.

In die outismekring word daar gesê dat wanneer jy een kind met outisme gesien het, het jy slegs een gesien. Elkeen is uniek en elkeen se vlak van outisme en simptome is anders.

Kenmerke van outisme kan die volgende insluit:
  • Gebrek aan oogkontak,
  • Repeterende gedrag
  • Obsessiewe belangstelling
  • Swak kommunikasie
  • Gebrek aan empatie
  • Kompulsiewe gedrag of impulsiwiteit
  • Sensoriese sensitiwiteit of angstigheid

Dié kenmerke kan van kind tot kind verskil.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button