Afriforum Buurtwag Ermelo-tak toegewyd aan dorp se veiligheid

Gemeenskaps Polisieering oorskryf plaaslike misdaads uitdagings.

ERMELO – Die AfriForum Buurtwag is in volle samewerking met die gemeenskap en die polisie om die dorp te beveilig.

Heinrich Janse van Rensburg, die takvoorsitter, sê daar is meer suksesstories as wat die dorpenaars besef.

AfriForum reik graag uit na die jongmense om deel van die span te word. Die nodige opleiding, regsdekking en toerusting sal verskaf word. Die publiek se gewillighed om in enige vorm te help, word waardeer.

Afriforum Buurtwag. Foto | Verskaf

Daar sal op 14 April ‘n nasionale patrollie plaasvind, waartydens 170 buurtwagte landswyd gaan patrolleer. Die patrollie begin 06:00 by die NG Kerk De Bruin Park.

As jy reeds ‘n lid van AfriForum is, maar by die buurtwag betrokke wil raak, kan jy Janse van Rensburg by 066 259 4802 of Frikkie by 078 803 3102 skakel.
Indien mense hulself in ‘n noodgeval bevind en nie ‘n AfriForum-lid is nie, kan jy volgens Janse van Rensburg hulle nog steeds skakel

Lees volledige berig in Hoёvelder.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version