Local news

Ermelo-baba uit neonatale intensiewesorgeenheid

Sedert sy opname beloop die mediese kostes sowat R138 000.

ERMELO – Johanco Jacobs se ouers is verlig dat hul seun op 28 Maart uit die hospitaal ontslaan is, maar die rekening wat hulle ontvang het, hang steeds soos ‘n swaard oor hul koppe.

Sedert die kleinding vroeg in Maart na die Garden City Hospitaal oorgeplaas is, waar hy in die neonatale intensiewesorgeenheid opgeneem is, het sy ouers ‘n rekening van sowat R138 000 ontvang.

LEES OOK: Baba Haylie van Ermelo ná twee maande tuis

Hy is aanvanklik met enkefalosel gediagnoseer, ‘n toestand waar ‘n gedeelte van sy skedel nie ten volle ontwikkel het nie, met die gevolg dat dit voorkom of daar ‘n deel van sy brein deur die gat in die skedel strek.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button