Local news

Oud-Ermeloër bring nou die teater na jou sitkamer

Die idee van huiskonserte het sy in 2022 uitgebrei toe sy saam met Lara Hattingh Eulogy to the Moon by Hattingh se woonstel in Seepunt en later by die Kaapstad Toneelhuis opgevoer het.

ERMELO – Mandri Sutherland, ‘n oud-Ermeloër, het die land aan die gons met haar eenmanvertonings wat sy in die gemak van mense se huise aanbied.

Sy is oorspronklik van Standerton en het in 2011 aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer.

Ná skool het sy vir ‘n jaar gaan au pair, waarna sy haar graad in BA-drama aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het.

Daarna het sy as ‘n produksieassistent by die Woordfees begin werk, waar sy by alles agter die skerms betrokke was.

Deurentyd was sy ook doenig met haar eie werk, en het as straatkunstenaar by feeste opgetree.

“As vryskutaktrise het ek ‘n verskeidenheid dinge gedoen, en maar heeltyd aan my eie projekte ook gewerk met die hoop en vasberadenheid dat iets sal vlamvat,” het Sutherland gesê.

In 2021 het sy reeds met die huiskonsert-inisiatief begin. Sy en Nicolene Burger het Lilith en Lesbet trou by haar huis in Vishoek opgevoer, en later die jaar weer in Stellenbosch.

Processed with VSCO with ke1 preset

Die idee van huiskonserte het sy in 2022 uitgebrei toe sy saam met Lara Hattingh Eulogy to the Moon by Hattingh se woonstel in Seepunt en later by die Kaapstad Toneelhuis opgevoer het.

Die idee van die eenmanvertoning, VROU ENS, was om vir haar ‘n platform te skep waarmee sy weekliks teater as ritueel kon beoefen.

“Die enigste geleenthede as teateraktrise was vir my om my stuk na feeste te neem, maar vir my was dit net te min. Ek wou meer optree.”

So het sy hierdie idee in werking gestel en staan sy vandag op 50 huiskonserte.

VROU ENS handel oor die vroue wat haar tot dusver gedefinieer, gekritiseer, geïrriteer, uitgedaag en geïnspireer het. Dit is ‘n kombinasie van storievertelling en uitspattige karaktervertolking.

“Ek belig en gooi liefde, humor en vet op die Afrikaner-vrou se besware en waarhede.”

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button