Local news

Ermelo-ma hou baba vir eerste keer ná komplikasies vas

Sedert Haylie op 4 Januarie ná net sewe maande gebore is, was dit Bosch se grootste begeerte om net haar dogtertjie vas te hou.

ERMELO – Om haar kind vir die eerste keer sedert haar geboorte te kon vashou was die beste gevoel wat Petro Bosch, baba Haylie se ma, nog ooit ervaar het.

Sedert Haylie op 4 Januarie ná net sewe maande gebore is, was dit Bosch se grootste begeerte om net haar dogtertjie vas te hou.

“Die oomblik toe ek haar vashou, het die trane geloop, en ek het skielik besef dat hoewel sy al baie gegroei het, sy nog so klein is,” het Bosch gesê.

Haylie het by geboorte 730 g geweeg, en het sowat 90 g verloor voor sy eers begin optel het. Sy weeg tans 1,46 kg.

LEES OOK: Baba Haylie van Ermelo word deur ouers as wonderwerkbabatjie beskou

Bosch sê dat Haylie al twee keer infeksie opgedoen het, en ook twee bloedoortappings moes ondergaan het.

“Infeksie is baie algemeen in premie-babas. Met die eerste bloedoortapping het my hart gebreek. Dit is aaklig om jou kind so te sien.”

Hoewel dit nooit maklik was nie, probeer Petro en Werner positief bly en vat hulle dit dag vir dag.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button