Local news

Huis in Ermelo brand, maar nie Bybel nie

Die gemeenskap het soos een man saamgestaan en die gesin weer opgetel nadat hulle bykans alles in die huisbrand verloor het.

ERMELO – In die dae ná ’n plaaslike gesin se huis gebrand het, het hulle ondersteuning en onderskraging uit alle oorde van die gemeenskap gekry.

“Daar was werklik omgee van die eerste oomblik af,” het Hannelie van der Westhuizen, een van die eienaars, gesê.

Die gemeenskap het soos een man saamgestaan en die gesin weer opgetel nadat hulle bykans alles in die huisbrand verloor het.

SIEN OOK: VIDEO – Ermelo-gesin diep geraak deur hond se dood in huisbrand, dogter verloor alles

Susan Bam, die ander eienaar, sê hulle staan in verwondering oor die hulp wat hulle ontvang het.

Gedurende ’n besoek aan die gesin, het hulle ’n foto van een van die dogters se kamers gewys. Die bedkassie het ook gebrand, maar bo-op is ’n ongedeerde gedeelte.

Die gesin sê die dogter se Bybel, wat sy van ’n onderwyseres, onlangs oorlede, ontvang het, was ook op die bedkassie.

“Die Bybel het wel aan die bokant ‘n bietjie geskroei, maar die Woord van God het nie gebrand nie, en ons het die oomblik toe ons dit sien, geweet ons sal oukei wees,” het Bam gesê.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

 

Related Articles

Back to top button