Local news

{OPVOLG} – Ermelo-gemeenskap maak harte oop teenoor baba Hailey

Volgens Juliet Basson van die Ermelo Care Bears liefdadigheidsorganisasie, gaan dit goed met Hailey.

Werner en Petro Bosch, haar ouers, het haar as ‘n wonderwerkbabatjie beskou.
Petro het voor Haylie se geboorte ‘n miskraam gehad, wat die Bosch-egpaar diepbedroef gelaat het.
Tans is sy ook in die hospitaal met bloedrukverwante-kwale tewyl pa, Petro, swoeg en sweet om die pot aan die kook te hou.
Die gemeenskap is sodanig gevra om harte oop te maak.
Volgens Juliet Basson van die Ermelo Care Bears liefdadigheidsorganisasie, gaan dit egter goed met Hailey.
Volgens Juliet Basson van die Ermelo Care Bears, is daar reeds al ’n klompie skenkings ontvang. Foto | Verskaf
Basson het gesê dat hulle reeds skenkings begin ontvang het in die vorm van geskikte prem-melk asook klere vir Haylie.
Volgens haar tel sy ook vanmiddag by ’n skenker ’n verdere bederfie op vir Petro.
Daar is ook vir Haylie dummies, prem-doeke en bottels – wat klaarblyklik môre sal arriveer – bestel.
“Daar kort nog so baie, maar vir nou wil ons regtig net stilstaan en dankie sê vir alles sover,” het Basson gesê.
“Die klein prinsessie is so geliefd en bederf ek kan nie genoeg dankie sê vir alles wat ons reeds ontvang het nie.”
Sy het ook die gemeenskap vir al die liefde, gebede, omgee en skenkings, wat reeds aan Hailey gemaak is, bedank.
Enige donasies kan afgelaai word by Camdenlaan 57, óf skakel Silvija Breytenbach by 082 905 7272 of Juliet Basson by 060 905 7150.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

 

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button