Local news

Goeie nuus vir motoriste

Vir diegene wat met Januarie-bekommernis sit ná die Desember-besteding, en met ’n onstuimige jaar van hoë petrol- en dieselpryse, kan dit ’n groot verligting wees.

ERMELO – Na die massiewe brandstofverhogings voor die feestydperk, is motoriste nou in ekstase oor die verlagings wat op 4 Januarie in werking getree het.

Petrol het met R2,06/l verlaag, terwyl diesel van beide swaeltipes met R2,81/l en R2,69/l gedaal het.

Vir diegene wat met Januarie-bekommernis sit ná die Desember-besteding, en met ’n onstuimige jaar van hoë petrol- en dieselpryse, kan dit ’n groot verligting wees.

Ongeouditeerde data wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is, skets ’n baie meer optimistiese prentjie vir motoriste.

Die koste van petroleumgebaseerde produkte is verminder danksy die dalende Brent ru-pryse op die wêreldmark en óók ’n stygende rand/dollar-wisselkoers.

Hierdie inligting dui daarop dat dit die naaste aan die R20/l-kerf sal wees, voor Rusland se inval in die Oekraïne wat ’n wêreldwye herrie ontketen en oliepryse die hoogte laat inskiet het.

Ter vergelyking was die prys van 95-oktaanpetrol in Suid-Afrika in Desember 2021 R19,57/l.

 

Related Articles

Back to top button