Ermelo True Rescue vra gemeenskap om hulp

Hulle het onlangs hondehokke opgerig, maar benodig nog die gemeenskap se hulp om die plek in stand te hou en ander hawens op te rig.

ERMELO – Die Ermelo True Rescue-dieregroep het onlangs ’n dringende beroep op die gemeenskap gedoen vir hulp om ’n permanente hawe vir die diere op te rig.

Megan du Preez, een van die stigters van die groep, sê hulle het ’n tydelike stuk grond gekry waarop hulle die diere wat in nood is, van die strate af kan kry en aanhou.

Hulle het onlangs hondehokke opgerig, maar benodig nog die gemeenskap se hulp om die plek in stand te hou en ander hawens op te rig.

Die lys van benodigdhede het Du Preez gesê, hou nie op nie, en enige hulp van die gemeenskap sal waardeer word.

Van die items wat hulle kort, sluit in houtpallette, kosbakke, honde- en katkos, komberse, hondebeddens, kussings, ’n wasmasjien om die beddegoed in te was, kaste, waspoeier, bleikmiddels,

F10-seep, badsjampoe om te verseker hulle het nie bosluise en vlooie nie, handdoeke en kontantdonasies vir rekeninge.

Die groep sien tans om na sowat 15 diere, en het gesê dat daar nog sowat 45 is wie se eienaars van hulle ontslae wil raak.

Behalwe vir rondloperdiere, is hondegevegte op die dorp ook ’n groot probleem.

Indien enigiemand ’n bydrae wil maak of as vrywilliger betrokke wil raak, kan hulle Du Preez by 063 965 9660 skakel.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

Exit mobile version