Elfie en Elfilina hou kaskenades in die Kerswell-huis op Ermelo

Sy het sowat drie jaar gelede die “Elf on a shelve”-idee op Facebook gesien, en besluit om die avontuur ook in hul huis met haar seuns te deel.

ERMELO – In die Kerswell-huis baljaar Elfie en Elfilina al sedert 1 Desember en hulle hou die gesin behoorlik op hul tone.

Danelle Kerswell het gesê dat haar twee seuns, Aydin en Daniel, elke oggend met groot verwagting opstaan om die twee elwe se manewales te sien.

Sy het sowat drie jaar gelede die “Elf on a shelve”-idee op Facebook gesien, en besluit om die avontuur ook in hul huis met haar seuns te deel.

“Dit is net ‘n plesier en gee my ’n warm hart om soggens daai verwonderde kindergesiggies te aanskou, as hulle sien wat die elfies gedoen het,” het Kerswell gesê.

Elfie en Elfilina is darem nie elke dag stout is nie, hulle speel soms net lekker in die huis.

Die twee se kaskenades het op 1 Desember afgeskop toe Kersvader hulle by die Kerswell-huis met lekkers en ’n speelding kom aflaai het.

Hulle sal op 24 Desember weer vertrek.

Kyk waarmee was dié tweetjies alles doenig:

 

 

Exit mobile version