Local news

Amersfoort se VLU-vroue leer van koeke versier en klere vou

Lai-dean Pietersen het die vroue meer geleer oor koeke versier en hoe om die regte versiersel aan te maak.

AMERSFOORT – Vroue van die Amersfoort VLU het onlangs hul tweede laaste maandvergadering vir die jaar by die AGS se kerksaal gehou.

Daar was 10 vroue wat die vergadering bygewoon het.

Lai-dean Pietersen het die vroue meer geleer oor koeke versier en hoe om die regte versiersel aan te maak.

Suzanne Walsh en Annamart van der Merwe het daarenteen die vroue touwys gemaak oor hoe om klere op ’n baie interessante manier op te vou.

Span C van die VLU het gesorg vir smullekker eetgoed en die jaareindfunksie wat op 19 November plaasvind, is ook bespreek.

Die tak sal om 16:00 by Pearl Stream bymekaarkom om af te sluit.

Related Articles

Back to top button